Lig vir die wêreld

Lig-vir-die-wereld

Eksodus 10:22-23: “Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.”

Die negende plaag was duisternis en daar was ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank. Daar was nie ‘n son nie, nie ‘n maan of enige sterre nie. Dit was so donker jy kon nie jou eie hand voor jou sien nie! Gosen is ‘n gebied in Egipte waar al die Israeliete was en die Woord sê hulle het lig gehad. Hoe? Het hulle krag-opwekkers gehad? Flitse of kerse? Nee, hoor gou gou wat sê Yeshua in Johannes 8:12: “Ek is die Lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Ja …… maar Yeshua is eers later gebore? Nee, Yeshua was daar toe Abba Vader die hemel en aarde geskep het!

Toe Yeshua sterf aan die kruis, was dit vir drie ure donker, en toe nie meer nie, want toe het die Lig die duisternis oorwin. Wow!!!!

Ah, kind van God, as ons Yeshua volg sal ons nooit in die dusternis lewe nie, maar sal ons die lig hê wat lewe gee!!

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U. Yeshua, Seun van God, ons wil U volg met alles in ons, kom lewe binne in ons, ons bid dit in U Naam Yeshua. Amen. Shalom Emmanuel!!

0 Comments
Next Post
Isreal-en-die-honde