Die lang pad

Die-lang-pad

Eksodus 13:17: “Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Fillistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.”

Abba Vader se Woord leer ons duidelik hoekom Abba Vader die Israeliete die lang pad (die woestyn pad) laat vat het na die beloofde land. Die kort pad na die beloofde land sou hulle net elf dae neem. Die Woord sê Abba Vader het die volk die lang pad laat vat, want as hulle oorlog sou sien, sou die volk wou terugdraai na Egipte toe.

Die pad wat Abba Vader die Israelliete op gelei het was ‘n kronkel pad deur die ergste deel van die woestyn waar oases min en vêr was; waar daar geen water of kos was nie, en waar hulle byna heeltemal geïsoleer was van interaksie met ander mense. Hoekom het Abba Vader hulle op dié pad gevat? Is jy ook dalk in hierdie woestyn en jy ken Abba Vader se beloftes en drome vir jou, maar dit voel asof jy vir ‘n ewigheid in die woestyn is?

Ahh, kind van God, Abba Vader ken my en jou en die Israeliete te goed en het ons te lief om ons te vat op die pad wat die hele wêreld vat. Daar is ‘n onveranderlike waarheid wat ons almal nodig het om te verstaan. Kind van God, die bereiking van my en jou bestemming is van sekondêre belang; die mees belangrikste is die lesse wat Abba Vader ons leer op die reis waarin Hy wil hê ons moet gaan. Die reis saam met Abba Vader, die wandel elke dag saam met Hom is baie belangriker as ons bestemming.

Kom ons bid saam::

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U. Leer ons, Vader, om elke dag saam met U te wandel as om net te dink aan die bestemming. Leer ons om U te gehoorsaam en U te vertrou. Ons bid dit in Yeshua se Naam. Amen.

0 Comments
Previous Post
Sekuriteit
Next Post
Verborge-dinge