In die palm van My hand

In-die-palm-van-My-hand

Jesaja 49:15: “Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie! Kyk, Ék het jou in die handpalms gevraveer; jou mure is gedurig voor My.”

Onthou jy toe jy verlief was, of was jy al ooit só lief vir enigiemand dat jy sy of haar naam, of gesig, in jou handpalms gegraveer het? Ek het wel op my penneblikke, maar nie op my handpalm nie.

Ah, Abba Vader sê dis wat Hy doen – met my en jou! Is dit nie wow nie!! Amazing om te besef dat jou naam in Abba Vader, die Skepper van Hemel en Aarde se handpalms verewig is nie, mits jy natuurlik wedergebore is? Johannes 1:12 sê”: “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo ….”

So, ek en jy het die “reg”om kinders van Abba Vader te word, maar daar is ‘n voorwaaarde aan gekoppel… Ons moet Hom eers aanneem en in Sy Naam glo. Ons moet eers in ‘n persoonlike verhouding met Hom ingaan.

Kom ons bid saam::

Abba Vader, Elohim Elyon, God die Allerhoogste, ons Loof en Prys U. Dankie Vader, dat ons name op U handpalm geskryf is. Leer ons, Vader, om U lief te hê met ons hele hart en met ons hele siel en met al ons krag. Ons bid dit in Yeshua se Naam, die Seun van God. Amen

0 Comments
Previous Post
Ek,-in-God-se-oe
Next Post
Wat-dink-God-van-my