Wat dink God van my?

Wat-dink-God-van-my

Jeremia 31:20: “Is Efraim vir My ‘n dierbare seun of ‘n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom. Daarom is my ingewande oor hom in beroering. Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, sê die Here.”

Abba Vader sê self dat Sy ingewande oor ons in beroering is. Wow!! Is dit nie wonderlik nie? Om te dink die groot en almagtige Abba Vader raak OPGEWONDE oor jou en my! Daarom wil Hy nie hê dat enigeen moet verlore gaan nie. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy seun gegee het, sodat ELKEEN (wit, bruin, geel of swart) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16).

Kom ons hou dus op om onsself, ons kinders, of die mense rondom ons te verkleineer, te verneder of sleg te sê.

Kom ons bid saam:

Abba Vader, El Roi, God die alsiende Een, Abba Vader wat my sien, ons Loof en Prys U! Vader dankie vir U liefde onbeskryflik groot, ons is lief vir U. E k bid dit in Yeshua se Naam. Amen.

0 Comments
Previous Post
In-die-palm-van-My-hand
Next Post
Jy-is-uniek