Satan en twyfel

Satan-en-twyfel

Genesis 3:1: “Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het, julle mag nie eet van al die bome in die tuin nie?”

Die eerste woorde wat die satan vir die mens gesê het. Hier is twee kante want eerstens: Ja, dit is wat Abba Vader gesê het, Hy het met Adam gepraat. Tweedens sê satan: “Is dit so dat God gesê het…?” Dan is dit asof …… “Nee man, dis nie wat Hy gesê het nie? Nee, dis nie wat God bedoel het nie. God is bang julle sal soos Hy word.”

Dis die twee kante en Adam en Eva moes kies en so moet ek en jy ook kies. Hoe baie keer gee Abba Vader nie vir ons ‘n belofte en dan sodra satan jou kan kry dan kom sê hy: dit kan nie wees nie, of dis nie wat Abba Vader bedoel het nie. Vat byvoorbeeld die volgende belofte wat Abba Vader vir jou kom gee: Jeremiah 29:11: “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” Dan sal satan kom en vir jou sê: agnee wat Roelf, jy is ‘n kind van God vir hoe lank? Sien jy enige toekoms?”

Die keuse lê by my en jou, kind van God, gaan ons vasklou aan Abba Vader se Woord of gaan ons ons ore uitleen aan satan?

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U. Pappa God, jammer dat ek my ore uitleen. Vergewe my asseblief, Vader, en ek wil vanoggend vir U kom vra: leer my om vas te klou aan U Woord met alles wat ek het. Leer my om ‘n ark te bou op U Woord. Ek bid dit in Yeshua se Naam. Amen

0 Comments
Previous Post
Die-krag-van-God
Next Post
Wapenrusting-van-God