Wapenrusting van God

Wapenrusting-van-God

Efesiërs 6:13: “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil, en nadat julle alles volbring het, staande sal bly.”

Toe Abba Vader hierdie op Paulus se hart geskryf het was hy in die tronk vasgeketting aan ‘n Romeinse soldaat. Paulus maak hierdeur dit vir ons duidelik dat elkeen van ons in ‘n stryd om lewe en dood is. Hy laat ons agter die skerms kyk. Ons worstelstryd, is nie teen vlees en bloed nie, maar teen geestelike magte van die duiwel en sy handlangers. Niemand kan in eie krag staande bly nie. Soek jou krag in Abba Vader. Hoe doen ek dit?

Deur die volle wapenrusting van God aan te trek. Wie se wapenrusting? Abba Vader se wapenrusting. Pappa God het ‘n klerekas met ‘n wapenrusting wat net vir jou en my gemaak is. Jou grootte, net vir jou!! Het jy hom al angetrek? Die keuse is joune! Die wapenrusting is:

  • Die gordel van waarheid
  • Die borswering van geregtigheid
  • Die skoene van vrede
  • Die skild van geloof
  • Die helm van verlossing
  • Die swaard van die Gees – die Woord van God.

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde. Ons Loof en Prys U! Dankie Pappa God vir die wapenrusting wat U vir ons elkeen gegee het! Vader, ons bid dit in Yeshua se Naam, die Seun van God. Amen.

0 Comments
Previous Post
Satan-en-twyfel
Next Post
Wapen