Wapenrusting – Gordel Deel 3

Gordel

Johannes 8:32: “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid dal julle vrymaak.”

Daar is so baie mense wat loop met dinge binne in hulle waaroor hulle gejok het, en besig is om hulle van binne af dood te maak. Ons dink partykeer om die waarheid weg te steek beskerm die ander persoon, maar eintlik is dit besig om jou optevreet. Is dit hoekom Johannes sê die waarheid sal my vrymaak?

Die eerste wapen by die wapenrusting van God is die gordel van waarheid.

Die gordel wat die Romeinse soldate gedra het, was ‘n leer gordel wat rondom die soldaat se lyf gegaan het, en aan die gordel was daar knippe waar die skild en die swaard aan gehang het.

Die skild is jou GELOOF en die swaard is die wapen wat aanvallend gebruik was op die vyand wat aan die gordel van waarheid vasgemaak is. Dus is dit belangrik om hier te besef dat ons geloof op niks anders moet staatmaak as op Abba Vader se Woord wat die waarheid is, waaraan dit veronderstsl is om aan te hang nie. Selfs die swaard wat aanvallend gebruik was – moet aan niks anders hang as aan die algemene geopenbaarde wil van God wat die Loodlyn is vir alles wat ons in glo, en vir ALLES wat ons gebruik om die vyand mee aan te val nie.

Ons gordel is BAIE BAIE BELANGRIK!!! Die waarheid sal jou vrymaak!!

Kom ons bid saam:

Abba Vader, ons Loof en Prys U! Vader, dankie vir die gordel van waarheid en help my om hom nooit af te haal nie. Ons bid dit in Yeshua se Naam, die Seun van God. Amen.

0 Comments
Previous Post
Next Post