Volg My!

Volg-my

Johannes 6:67: “Toe sê Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?”

Jesus vra sy volgelinge wat die rede is waarom hulle Hom volg. Die meeste mense het Hom gevolg oor al die wonderwerke wat Hy gedoen het. Mense is gesond gemaak, blindes kon sien, dowes kon hoor, lames kon loop, duisende mense is kos gegee met net vyf broodjies en twee kein vissies. Natuurlik sal dit ‘n klomp mense trek. Ek en jy sou seker ook een van dié klomp agies gewees het.

Die vraag is – hoekom volg jy vir Yeshua? Lank in my lewe het ek Jesus gevolg omdat dit die regte ding was om te doen. My Oupa’s en Ouma’s, my ouers en almal rondom my het Jesus gevolg. Sondae kerk toe gaan was net eenvoudig ‘n moet! Jy het ook tot die besef gekom dat jy darem net in Jesus moet glo teen die tyd wat jy doodgaan, want hel toe wil jy nie gaan nie!

‘n Ou leer in die Woord Yeshua is gister, vandag en môre dieselfde, en dat Hy ook in my en jou lewe wonderwerke kan doen en daarom volg ons Hom. Vir watse wonderwerk wag jy vandag? Wat kan Yeshua vandag vir jou doen? Ons bid of sê so baie: “Jesus as U dit doen, sal daardie mense U glo en U volg. Rêrig? Dan sê Yeshua in Markus 7:36: “En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer het hulle dit verkondig”.

Yeshua het op verskeie plekke vir die mense beveel om aan niemand te vertel van die wonderwerke nie. Kan ons vir Pappa God vra om ons die te leer? Hoekom dink jy het Yeshua die mense beveel om om nie vir ander mense te sê van die wonderwerke nie? Kom ons mediteer hieroor en as Vader iets op jou hart skryf, deel dit met ons, asseblief?

Abba Vader, Koning van die konings, Skepper van ons, en Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U! Vader, leer ons U Woord, leer ons, Vader, om U lief te hê met ons hele hart, met ons hele siel en met alles binne ons. Vader, hoekom het U Seun die mense beveel om nie te vertel van die wonderwerke wat Hy gedoen het nie? Ons bid dit in Yeshua se Naam, die Seun van God. Amen.

0 Comments
Previous Post
n-Pa-se-liefde
Next Post
Geloof