Die ewige lewe

ewige-lewe

Job 14:1-2: “Die mens uit ‘n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus. Hy spruit uit soos ‘n blom en verwelk, ook vlug hy soos ‘n skaduwee en hou nie stand nie.”

As jy klein en nog jonk is kan jy nie wag vir meer nie, jy kan nie wag vir eendag as jy groot is nie. As jy oud is en jy kyk terug na jou lewe het dit soos ‘n oogwink verby gevlieg -vra maar die ouer persone wat jy ken.

Die ewige lewe is egter heeltemal anders. Hoe lank is die ewige lewe? Steps sê dit so mooi: “Die ewige lewe is solank soos wat dit ‘n voëltjie sal vat as hy om die wêreld vlieg, en sy vlerk raak die punt van die Aarde. So lank as wat dit sal vat om die hele Aarde weg te skaaf of skuur, só lank is die ewigheid.” Dis dalk so bietjie langer as my en jou lewe op Aarde…

Hoekom noem ek die? Want Yeshua het nie gekom vir my en jou, vir ons daaglikse wonderweke vandag nie. Nee, Yeshua het gekom om ons die ewige lewe te gee. Yeshua sê in Johannes 6:47: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.”

As jy ‘n tou van Pretoria na Kaapstad to moet span is my en jou lewe nou nie eers 10cm van die hele tou nie, die res is die ewige lewe. Dan is daar mense wat sê: ‘Ja, maar jy hoef nie met die Bybel onder jou arm te loop nie”, of j”y moet ‘n gebalanseerde lewer hê”. Rêrig?! Jou besluit nóú om jou hele lewe vir Abba Vader te gee en in Yeshua te glo, en Hom totaal en al te volg, het ‘n massiewe inpak op die ewige lewe. Kies om jou alles vir Hom te gee – jy al nie spyt wees nie!

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U! Vader, ek maak opnuut weer die besluit om my hele lewe by U voete te kom sit en te sê: Pappa God ek is jammer! Vergewe my asseblief Abba, was my skoon met Yeshua se bloed en kom lewe binne in my. Ons bid dit in Yeshua Ha-Mashiach se Naam. Amen.

0 Comments
Previous Post
Next Post