Die appel van my oog

Appel-van-my-oog

Deteronomiun 32:10: “Hy het sy volk in die woestyn gevind, in onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het Sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.”

Net ter inligting: Die pupil in die oog is die opening in die gekleurde iris van die oog. Die pupil verander van grootte soos wat die iris by die sterkte van die lig aanpas. Lig dring die kornea binne en gaan deur die pupil na die oog se lens. Die oogbal met die pupil in die middel word die appel genoem na aanleiding van die rondheid van die oog wat lyk soos die rondheid van ‘n appel. Die skrifgedeelte van Deuteronomium 32:10 dui daarop dat die volk, Israel, die middelpunt was van Abba Vader se liefde en aandag. Ek en jy is deel van Israel!!!

Die oog van ‘n persoon het geweldige groot waarde en word beskerm deur die ooglid wat outomaties toemaak in geval van irritasie deur ‘n haartjie of stukkie stof of enige gevaar wat mag dreig. Die oog is sensitief en teer en daarom kosbaar en word op ‘n jaloerse manier deur die ooglid beskerm.

Net so, kind van God, is jy die middelpunt van Abba Vader se liefde en aandag! Jy het geweldige groot waarde en word beskerm deur Abba Vader soos wat ons ons oë sal beskerm. Jy is kosbaar vir Abba Vader. Hy is ‘n jaloerse Pappa en wil jou beskerm.

Is dit nie net só ‘n wonderlike voorreg vir elke kind van God dat ek en jy beskou word as die oogappel van Abba Vader deur wie alles en almal ontstaan het nie?

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Yahweh, ons Loof en Prys U. Dankie, Pappa God, dat ek sonder verdienste U oogappel mag wees. Ek eer en prys en loof U daarvoor. Ons bid dit alles in Yeshua Ha-Mashiach se Naam. Amen

0 Comments
Previous Post
Nederigheid
Next Post
Potloodmaker