God sien my

God-sien-my

Genesis 16:13: “Toe noem sy die Naam van die Here wat met haar gespreek het: U is ‘n God wat sien, want sy het gesê: “Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?”

Sarai het die ‘n Egiptiese slavin gehad, Hagar, wat sy by Abraham laat ingaan het sodat hulle kinders kon kry. Maar soos gewoonlik werk ons menslike planne nie altyd uit soos ons dit wil hê nie. Sarai was ongelukkig en jaloers op Hagar en het haar sleg behandel toe sy swanger word, en Hagar het toe weggevlug.

Dan weet ons die Engel van die Here het haar by ‘n fontein in die woestyn gevind. En gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen?” En sy antwoord: “Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.” Toe sê die Engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.” Dan lees ons in Genesis 16:13: “toe noem sy die Naam van die Here wat met haar gespreek het: “U is ‘n God wat sien. Want sy het gesê: “Het ek hier ook gesie , na Hom wat my sien.

El Roi: God die alsiende Een. Die God wat my sien!

In hierdie opebaring van Abba Vader met Hagar leer Vader my – in die mees pynlike verhoor kan jy ook jou mees intieme en persoonlike ontmoeting met Abba Vader hê!

Hagar se woestyn ervaring het haar tot aangesig met Abba Vader gebring en haar geleer Abba Vader is “EK IS” – die lewende God wat my en jou sien en Hy hoor ons geroep wanneer ons seerkry. Spreuke 5:21 sê: “want elke mens se weë is voor die oë van die Here, en Hy weeg al sy gange.

Ek weet nie waardeur jy nou gaan nie, maar weet net verseker Abba Vader ken jou Naam. Hy weet hoeveel hare jy het op jou kop en Hy sal jou beskerm en jou paaie gelyk maak. Pappa God is lief vir jou!

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Yahweh Elohim, ons Loof en Prys U! Dankie Pappa God dat U my sien en weet waardeur ek en elkeen van ons gaan!! Dankie dat ons nooit alleen is nie! Ons bid dit in Yeshua se Naam. Amen.

0 Comments
Previous Post
Heilige-Gees-in-gebed
Next Post
Maak-oop-my-oe