Wag op die Here

Wag-op-die-Here

Psalm 130:5: “Ek wag op die Here, ny siel wag, en ek hoop op Sy Woord.”

Ons het gekyk na die tien maagde en waar al tien wag vir die bruidegom, maar net vyf het ekstra olie. Die vraag is: Hoe bly ek wag, geduldig op Abba Vader met genoeg olie? Abba Vader leer my om op Hom te wag.

  • Ek moet vashou aan die beloftes van Sy Woord – veral dié wat ek en jy persoonlik by Hom gekry het.
  • Ek moet Abba Vader hehinner aan Sy beloftes. Abba Vader sê in Jesaja 62:6 “Julle wat die Here aan Sy beloftes moet heinner, julle moenie stilbly nie.” Herinner Abba Vader deur gereeld te bid en byvoorbeeld te sê: Abba, U beloof in U Woord Here daarom bid ek weer vir ……….
  • Wag aktief… met ander woorde, met ‘n afwagting. Dit laat my dink aan die krieket, as jy die volgende kolwer is kan jy enige tyd opgaan om te kolf, jy moet reg wees asof dit nou gaan gebeur!
  • As jy wag vir ‘n bediening: Skool jouself soveel as moontlik en laat toe dat Abba jou leer.
  • As jy wag vir finansiële uitkoms: Werk asof alles van jou afhang, maar glo en weet dat alles van Abba Vader afhang.
  • As jy wag vir iemand se bekering: Wees soos Yeshua vir daardie person, praat waar nodig en gee liefde waar nodig.
  • As jy wag vir genesing in jou huwelik: Doen selfondersoek. Verander jouself waar nodig en Abba Vader sal aan jou maat werk. Bid, bid, bid en wees die minste.
  • As jy wag vir fisiese genesing. Gaan aan met mediese behandeling tot Abba Vader die wonder doen.

In sekere gevalle is dit beter om nie met te veel mense te deel waarvoor jy wag nie, dit sit onnodige spanning op jouself en waar daar ongeloof is, sal niks gebeur nie! Kry een of twee vriende en verkieslik jou huweliksmaat wat saam met jou bid.

En Filippense 4:6: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend gemaak word by God.” Dan kan ons nie anders as om ook soos David te sê: “Ek wag op die Here, my siel wag, en ek hoop op sy Woord.

Kom ons bid saam:

Abba Vader, El Shaddai, God Almagtig wat voorsien, ons Loof en Prys U! Vader, leer ons om in alles geduldig op U te wag. Wees U die stuurwiel van my lewe! Ons bid dit in Yeshua Ha-Mashiach se Naam, die Seun van Yahweh Elohim. Amen.

0 Comments
Previous Post
Hoe-wag-mens
Next Post
Wag-geduldig