Wag geduldig

Wag-geduldig

Psalm 40:2-4: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!”

Vir amal wat wag op Abba Vader se Woord, op Sy beloftes, was en is daar ‘n belonging, ’n nuwe lied!

Sir Wiliam Napier gaan een aand stsap. Hy kom af op ‘n dogtertjie wat biterlik staan en huil. Sy goedige geaardheid reageer dadelik, en hy gaan sit op sy hurke by haar om te hoor wat die moeilikheid is. Stukkie vir stukkie hoor hy die storie. Haar ouers is baie arm. Sy is gestuur om te gaan melk koop. Sy het gestruikel en geval en al die melk is op die grond uitgestort. Daar is nie geld vir ander melk nie. Sir William staan op, streel oor haar koppie en vee haar traantjies met sy eie spierwit, sakdoek af. “Moenie huil nie, kindjie. Hier, gaan koop vir jou ‘n ander kannetjie melk.” ’n Blye glimlaggie breek deur haar trane. Hy steek sy hand in sy sak om sy beursie uit te haal. Sy gesig val. Hy het nie sy beursie by hom nie! Verleë sê hy: “Ag, kindjie, ek het nie geld by my nie. Maar môreaand, dieselfde tyd, kry ons twee mekaar hier. Ek bring vir jou geld vir genoeg melk . Sê vir jou mamma en pappa.”

Tuisgekom, kom sy vrou hom met ‘n breë glimlag tegemoet. In haar hand het sy ‘n pragtige vergulde uitnodigingskaartjie. Baie lank al wag Sir William vir ‘n uitnodiging na só ‘n onthaal. Dit sal sy politieke loopbaan ‘n stoot gee. Opgewonde neem hy die kaartjie en lees dit vinnig deur. Dit is vir die volgende aand en dit is dieselfde tyd wat hy beloof het om die dogtertjie te ontmoet. Tot sy vrou se verbasing skud hy sy kop. “Nee, ek kan nie gaan nie. Ek het reeds ‘n afspraak.” Hy vertel haar van die dogtertjie. Sir William het die gulde geleentheid van die hand gewys, om sy belofte aan ‘n klein, arm dogtertjie na te kom.

Maar sê nou die dogtertjie het by haarself gedink; daardie ryk, belangrike man sal tog nie kom nie, en sy het nie vir die afspraak opgedaag nie? Hoeveel sou sy nie verloor het nie, en watter teleurstellling sou dit nie vir die belangrike man gewees het nie! Die arme dogtertjie het presies gestaan en wag waar Sir William haar belowe het hy haar weer sou ontmoet! Die dogterjie het vasgehou aan Sir William se belofte en is met baie meer huistoe die volgende aand as net ‘n bottel melk!!

Abba Vader het jou lief, en Abba Vader sal sy belofte nakom, kind van God, bly net vashou en wag met ‘n verwagting op Sy belofte! Deur Yeshua vervul Abba Vader Sy beloftes. Beloftes is die kanale waarlangs Abba Vader Sy gawes na ons toe laat vloei. Paulus skryf: “Jesus Christus is die ‘Ja’ van God, die ‘Ja’ op al die beloftes in sy Woord, traagheid om Hom te glo, en ongeduld beroof ons van seëninge!”

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Skepper van Hemel en Aarde, ons Loof en Prys U. Abba Vader, dankie vir U beloftes oor ons elkeen en leer ons, Yahweh, om te wag op U Woord! Abba Vader, dankie vir ‘n nuwe lied in my mond! Ons bid dit in Yeshua se Naam. Amen.

0 Comments
Previous Post
Wag-op-die-Here
Next Post
7-Feeste