Pesach – Die eerste fees

Pesach

Eksodus 12:23: “As die Here verbykom om die Egiptenaars te tref, sal Hy die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn sien en dié deur oorslaan. Hy sal nie die dood in julle huise laat kom om julle te tref nie. ”

Die naweek wat kom is die eerste fees wat Abba Vader sê ons moet vier, naamlik Paasfees of Pasga (“Pesach” in Hebreeus en “Passover” in Engels). Tydens dié fees herdenk ons die feit dat Abba Vader die Israeliete van slawerny in Egipte (genoem Mietrayiem) bevry het. Die Israeliete was onder slawerny vir vierhonderd-en-dertig jaar. In die boek Eskodus lees ons dat Abba Vader die Kinders van Israel gehelp het deur tien plae oor die Farao en die Egiptenare te stuur.

Die tiende en laaste plaag was die dood van die eersgebore seuns. Waar geen van die ander plae die Islaeliete en hul lewendehawe geraak net nie, kon hierdie plaag hulle egter tref, indien hul nie op Abba Vader vetrou en gehoorsaam was nie. Die enigste beskerming wat hulle gehad het, was om die bloed van ‘n geslagde lammetjie aan die lintel en kosyne van hulle deur te smeer. Wanneer die engel van Abba Vader die bloed gesien het, het hy verby die huis beweeg en vandaar dan ook die naam van die fees. Abba Vader het gesê smeer die bloed van ‘n skaaprammetjie op die deurkosyne en eet die skaapvleis, dit gaan jou bevry. Só sit die Israelite in Egipte, Gosen, en hulle moet besluit; gaan hulle Vader Abba sh’ma (hear, listen and obey), of nie?

Die vraag is, kind van God, sou ek en jy geluister het? Sou ons rêrig ‘n rammetjie, sonder liggaamsgebrek, slag en die bloed aan die lintel en deurkosyne smeer? Sou ons rêrig al die vleis van die lammetjie daardie selfe nag alles opeet as ons geweet het môre aand is ons dalk in die woestyn? Wel, as jy en jou gesin nie het nie, sou julle ook getref word deur die laaste plaag.

As ek en jy sê ja ons sou, hoekom vier ons dit dan nie soos wat Abba Vader ons opdrag gee om te doen nie? Het die duiwel nie net so kom steel by ons nie? Daar staan tog immers nêrens in Abba Vader se Woord dat ons nie meer Abba Vader se feeste moet hou nie? Daar is wel duisende mense se opinies… Vir wie wil ek en jy luister, vir mens of vir Abba Vader? Kom ons vra Abba Vader om ons te vergewe en om ons te leer om net dít te doen wat Hy ons bevel. Om sy Woord te sh’ma (hear, listen and obey).

Kom ons bid saam:

Abba Vader, Yahweh Elohim, ons Loof en Prys U! Vader, vanoggend wil ek voor U kom buig en sê jammer dat ek nog nie gedoen het dít wat U beveel nie. Pappa God, U Woord sê in Hosea 4:6: “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis; omdat ek die kennis verwerp het, sal U my verwerp.” Abba Vader, ek is jammer – vergewe my en leer my asseblief, om U woord en U stem te sh’ma. Ek bid dit in Yeshua Ha-Mashiach se Naam, die Seun van Yahweh. Amen.

0 Comments
Previous Post
7-Feeste
Next Post
Easter